Robert Stroud

Robert Stroud
Stroud in 1951.
Stroud in 1951.
Gebore  (1890-01-28)28 Januarie 1890
Oorlede  21 November 1963 (op 73)
Bynaam  "Birdman of Alcatraz"
Beroep  Page Sjabloon:Hlist/styles.css has no content.
Ander name  Robert Franklin Stroud
(geboortenaam)
Misdaadbesonderhede
Misdaad 
  • 1909  Manslag
  • 1912  Aanranding
  • 1916  Moord
Vonnisbesonderhede
Vonnis  54 jaar tronkstraf
Status  Oorlede

Robert Franklin Stroud (28 Januarie 1890 - 21 November 1963), bekend as die "Birdman of Alcatraz", was 'n veroordeelde moordenaar, Amerikaanse federale gevangene en skrywer wat een van die berugste misdadigers in die VSA genoem is.[1][2][3] Tydens sy tyd in die Leavenworth-gevangenis het hy voëls grootgemaak en verkoop en het hy 'n gerespekteerde ornitoloog geword. Hy was van 1942 tot 1959 'n gevangene in die Alcatraz-gevangenis, waar hy weens die regulasies nie voëls kon aanhou nie. Stroud is nooit vrygelaat nie; hy was van 1909 in die tronk tot met sy dood in 1963.

Stroud is in Seattle, Washington, gebore en het van sy alkoholis-pa weggeloop toe hy 13 jaar oud was. Teen die tyd dat hy 18 was, was hy 'n koppelaar in Alaska. In Januarie 1909 het hy 'n kroegman gedood wat sy minnares aangeval het, en hy is tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Stroud het 'n reputasie as 'n gevaarlike gevangene gekry wat voortdurend met ander gevangenes en tronkpersoneel slaags was. In 1916 het hy 'n bewaarder doodgesteek. Hy is aan moord skuldig bevind en ter dood veroordeel, maar ná verskeie verhore is sy vonnis tot lewenslange tronkstraf in eensame opsluiting versag.

In 1920, terwyl hy in die Leavenworth-gevangenis was, het Stroud 'n nes met drie klein mossies op die tronkwerf ontdek. Hy het hulle grootgemaak en binne 'n paar jaar sowat 300 kanaries bymekaargemaak. Hy het voëls begin bestudeer en twee boeke oor voëlsiektes geskryf. Hy het 'n belangrike bydrae tot voëlsiektes gelewer en respek onder ornitoloë en boere verdien. Stroud het 'n suksesvolle besigheid uit sy tronksel bedryf, maar dit het personeellede woedend gemaak. Hy is in 1942 na Alcatraz oorgeplaas nadat ontdek is hy maak in die geheim alkohol met die toerusting in sy sel.

Stroud het op 19 Desember 1942 'n termyn van 17 jaar in Alcatraz begin. In 1943 is hy tot 'n psigopaat verklaar. Sonder sy voëls het hy 'n geskiedenis van die tronkstelsel geskryf. In 1959 is hy na die mediese sentrum vir federale gevangenes in Springfield, Missouri, oorgeplaas waar hy gebly het tot met sy dood in November 1963.

  1. Gregory 2008, p. 37.
  2. Ryan & Schlup 2006, p. 2012.
  3. Benton, Lisa M. (1998). The Presidio: From Army Post to National Park. UPNE. p. 228. ISBN 978-1-55553-335-9.

Developed by StudentB